Hoog tussen die takke: Voëlgedigte

Ons feesdigter, Tom Dreyer, is ’n voëlkyker! Die Roberts-voëlgids ontmoet die Groot verseboek in hierdie wandeling deur die botaniese tuin. Kom hoor hoe Dreyer en ander digters die gevleueldes in die fyn net van die woord vasvang en in hul digkuns laat sing. Van die vrolike vink tot die verhewe valk en daai arme onredbare […]
Hoogsomer: Die nuwe psigedeliese seisoen

Sluit aan by ons feesdigter, Tom Dreyer, vir ‘n gesprek oor die jongste navorsing rondom psigedeliese middels soos psilocybin (sampioene), DMT en ayahuasca. Hy en die beeldhouer Gerhard van Niekerk gesels oor die onomstootlike bewyse oor hoe doeltreffend dié middels is om depressie te beveg, kreatiwiteit te ontsluit en nuwe maniere te vind om te […]
Hoogste bome

Die hoogste bome vang blykbaar die meeste wind… maar waar sal hierdie wind vandaan kom? By die Toyota Stellenbosch Woordfees is dit die digters wat die onaantasbares gaan gas gee. In hierdie voorlesing van nuwe verse deur van ons voorste digters word daar sonder skroom kritiek gelewer op diegene wat die septer swaai in die […]
Hoort

Met Stephanie Baartman(stem),Janine Neethling(klavier) ’n Semi-outobiografiese kabaret wat jou laat lag, huil en met nuwe oë na jou eie storie laat kyk. Dit vertel die verhaal van Stephanie, die dogter van twee pastore, wat haar plek in die wêreld soek te midde van haar gemengde agtergrond en ons komplekse geskiedenis. Met humor, patos en ’n […]
Hysteria: Vroue- en menopousemites

Met Elsabé Brits (fasiliteerder), prof. Lizette Rabe (emeritus professor in joernalistiek), prof. Renata Schoeman (psigiater en medeprofessor, Universiteit Stellenbosch), dr. Liana Roodt (borskanker-spesialis) Die woord “histerie” kom van die Griekse “hystera”, wat “uterus” beteken. Millennia al is vroue se pyn as blote emosie afgemaak. Ons praat eerlik oor hoe ’n studie in 2002 die reputasie […]
I Lord Hamlet

DEBUUT Met Carlo Daniels Een akteur op die verhoog, maar vele rolle. Ons leer Hamlet intiem verstaan en kan persoonlik – op ’n praktiese en geestelike vlak – met hom identifiseer. Hierdie nuwe eenman-collage, geïnspireer deur die werk van Robin Malan, herverbeel Hamlet se geestelike en praktiese stryd as ’n reeks rou, intieme vignettes. Dit […]
Imperfect Harmony

Aangebied deur Xarra Books Die dirigent en tjellis Kutlwano Masote besin oor ’n lewe wat tussen musiek en familie afgespeel het. Van die orkesruimte tot in die hart van sy huis deel Masote ’n eerlike, diep persoonlike verhaal van liefde, verlies, verslawing en verlossing. In hierdie gesprek oor sy pragtige, liriese memoir gesels Kutlwano met […]
Impressions of Venice Biennale 2026

Sluit aan by Lizelle Kilbourn, kunsversamelaar en filantroop, en Bina Genovese, direkteur en senior afslaer van Strauss & Co, wanneer hulle hul indrukke van die 61ste Venesiese Biënnale deel. Vanuit ’n persoonlike perspektief ondersoek die gesprek die internasionale kunslandskap, met die fokus op die teenwoordigheid en rol van Afrikakuns binne hierdie globale konteks. 5 OKT […]
In the Blink of an Eye

Met Die Odeion-strykkwartet: Samantha Durrant(viool),Sharon de Kock(viool), Jeanne-Louise Moolman(altviool), Anmari van der Westhuizen(tjello), asookDanré Strydom (klarinet),Cezarre Strydom(klavier),Jeannette Ziady(danser),Vanessa Phillips(verteller) In the Blink of an Eye is ’n multidissiplinêre produksie vir strykkwartet, klavier, klarinet, ‘n verteller, danser en video. Musiek, beweging en gesproke teks word saamgespan tot ’n kragtige verkenning van klimaatsverandering. Die werk beweeg tussen […]
Ingrid Jonker se erfenis

In November 2025 is ’n krat met ’n baie spesiale versameling dokumente by die US se Dokumentesentrum afgelewer: Die versameling, die dokumentêre nalatenskap van Ingrid Jonker, het ná ’n lang reis uit Den Haag, Nederland, by die US-biblioteek aangekom. Hierdie bespreking oor Ingrid Jonker se dokumentêre erfenis bied ’n platform om dié waardevolle manuskripversameling ten […]
Jak de Priester: Van Sally tot Somerset-Wes

Met Jak de Priester en die Kaapse Lawaaimakers In 2001 skryf Jak de Priester sy eerste groot treffer, “Sally Williams Nougat”, die liedjie wat ’n merkwaardige loopbaan sou inlui. ’n Jaar later wen hy die ATKV Crescendo-kompetisie en stel sy debuutalbum bekend. Vyf-en-twintig jaar later kyk Jak terug op ’n ryk lewe vol musiek en […]
Jazz by die Konserve: Awaken & Siba Gysman Project

Met Sibabalwe Gobe-Gysman (sang & fluit), Melisizwe Plaatjie (klavier), Malibongwe ‘Pizzo’ Magatyana (elektriese kitaar & kontrabas), Ezra Smuts (tromme), Esihle Valela, Jayden Harebottle, Henco Bester (tenoorsaksofoon), en sangers Athule Tshiwula, Julia Madison Theron en Sinelizwi Miza Kom luister na ’n uitvoering van plaaslike jazz, geïnspireer deur meesters soos Afrika Mkhize, Bheki Mseleku, Nomfundo Xaluva en Mandisi Dyantyis. Sibabalwe & vriende bring hulde aan dié pioniers se groot musikale nalatenskap. Hulle bring ook hul […]