Jazz by die Konserve: Camissa Knights

Met Muneeb Hermans(trompet),George Werner(klavier),Peter Ndlala(baskitaar), Carlo Fabe (tromme) Camissa Knights is ‘n Suid-Afrikaanse jazzkwartet wat plaaslike erfenis kombineer met wêreldstyle. Die groep meng jazz met afrobeat, funk en rock. Hulle energieke vertonings lok jazzaanhangers én diegene wat lewendige ritmes kan waardeer. Bring jou eie instrument saam, want elke aand word afgesluit met ‘n lewendige jam-sessie […]
Jazz by die Konserve: Heinrich Frans & Andrew Ford-trio

Met Heinrich Frans, Andrew Ford-trio Heinrich Frans is ‘n Kaapstadse jazzsanger wat bekend is vir sy warm, sielvolle klank en samewerking met kunstenaars soos Jonathan Butler, Kirk Whalum, Oleta Adams en Diana Ross. Hy het ook al saam met die Kaapstadse Filharmoniese Orkes opgetree. Vir dié konsert snoer hy kragte saam met die Andrew Ford-trio […]
Jazz by die Konserve: Ramon Alexander-trio & Buddy Wells

Met Buddy Wells(saxofoon), Ramon Alexander (klavier),Adam Fredericks(baskitaar), Annemie Nel (tromme) Alexander is weer saam met die vermaarde Suid-Afrikaanse saxofoonkunstenaar Buddy Wells op die verhoog – dit volg op hul vertoning vroeër vanjaar by die Montreux-jazzfees Franschhoek. Wells bring vars interpretasies van Alexander se komposisies, terwyl gehore hul tande kan slyp vir musiek van die pianis […]
Jeanne vertel

Aangebied deur Hemel & See Jeanne vertel stel die boekliefhebber bekend aan een van die gewildste skrywer-digters in Afrikaans. Wyle Jeanne Goosen (vertolk deur Winnie Rust Nel) gaan, asof sy steeds mét ons is, op haar rusbank lê en gesels oor haar lewe, haar liefdes en haar werk. Daarna sal Nini Bennett met Petrovna Metelerkamp […]
Jenny Morris: Greedy Girl

Aangebied deur Penguin Random House Die geliefde TV-sjef Jenny Morris, wat in die volksmond bekend staan as die Giggling Gourmet, kook uit haar sewende boek, Greedy Girl. Die resepte is geskryf in haar kenmerkende styl – soms soet, soms stout, maar altyd spitsvondig – en gegeur met Griekse, Marokkaanse, Franse en Suid-Afrikaanse invloede. Jenny gaan […]
Jeremy Loops

Jeremy Loops word allerweë beskou as een van die mees dinamiese verhoogkunstenaars in Suid-Afrika. Deur middel van loopsskep dié talentvolle sanger sy eie orkes met onder meer mondfluitjie, ukulele en kitaar wat hy almal self bespeel. Met albums soos Trading Change, Critical as Water en Heard You Got Love het hy ook ’n internasionale aanhang […]
Jo(h)an: Twee stemme

Aangebied deur Protea Boekhuis, Human & Rousseau Louise Viljoen tree in gesprek met twee stemme wat aanhou om diep spore in die Afrikaanse letterkunde te trap: Joan Hambidge en Johan Myburg. Amberkamer: Gedigte uit die 21ste eeu is ’n keur uit Hambidge se werk wat saamgestel is deur Karen de Wet. Steierwerk is die jongste […]
Johnman-tuintoer

Ontdek die sjarme en inspirasie van die geskiedkundige Johnman-tuin agter die witgekalkte mure in Hertestraat. Water uit die leiwatersloot gee al dekades lank lewe aan dié tuin – kom beleef die ouwêreldse karakter daarvan in die hart van Stellenbosch, en geniet die pragtige ou bome en beddings vol snyblomme. Die tuinier hier,Pietman Diener, vertel meer […]
Joshua na die Reën: Noorderlig

Met Jacques de Villiers (klavier, akoestiek, stem),Stephen Kosterman(elektriese kitaar), Raziela Kosterman (viool), Lardo de Beer (tromme), Stanley June(baskitaar),Jacques Scorgie (klankingenieur) Soos wat sonstof die aarde se atmosfeer binnedring, word daar in die wrywing lig geskep. Die Noorderligte is ‘n natuurverskynsel wat ‘n “anderwêreldse” ervaring uitgiet oor diegene wat dit aanskou. Daar was ‘n dag toe […]
Juliet String Quartet: Playlist

Met Annien Shaw(viool), Matthew Campbell-Stead(viool), Azra Isaacs(altviool), Babette Roosenschoon(tjello) Wat sou die resultaat wees as die Juliet-strykkwartet ‘n speellys saamstel uit hul musikale hoogtepunte? Playlist is presies dit: ‘n sorgvuldig saamgestelde keur van werke waarvoor die ensemble lief is, gespeel het, tans verken of wat spesifiek vir hulle geskryf is. Saam vorm dié stukke ‘n […]
Juweliersware-voorskou

Strauss & Co bied ’n spesiale voorskou aan ter viering van die opening van vanjaar se juweliersware-uitstalling Dit word gehou saam met die Stillewe-tentoonstelling, waarmee dit ’n gesprek aanknoop. 5 OKT 15:00Oude Leeskamer | Gratis
Kantate: ‘n Program van eietydse Afrikaanse koormusiek

Met Aurum Cantores (gemengde koor), Winfried Lüdemann(dirigent),Marina Erasmus (sopraan),Van Wyk Venter (tenoor), Theresa van der Merwe (klavier), Emma Stiff (eerste viool),Vialli Mocke(tweede viool), Rudolf Smit (altviool), Christiaan Naudé (tjello) Die werke in hierdie aanbieding beloof om ’n opwindendende koormusiekervaring te bied. Pieter van der Westhuizen se “Loof, loof, loof die Here” bekoor met melodiese ingewings, […]