Karamonk

Met Bianca Flanders Hierdie heerlike kabaret is ’n watertand-smulbord van teater-happies. Dis speels, uitdagend en hef die grense tussen genres op. Met ’n ryk aanbod van kontemporêre Suid-Afrikaanse skryfwerk, skerp humor, visuele sprankel en kamishibai(tradisionele papierteater), gaan dié vars, vindingryke produksie beslis feesgangers se hart verower. Vervaardiger Bianca FlandersRegisseur Jemma KahnSkrywers Mikayla Brown, Tertius Kapp, […]

Karin Hougaard: Kaalvoet

Met Luke van der Merwe(kitaar, oed, mandolien), Leon Ecroignard(kontrabas, bas, perkussie) Karin Hougaard is ’n dramatiese en vreeslose kunstenaar wat nie net sing nie, maar elke noot, woord en stilte beliggaam. In hierdie intens persoonlike vertoning vertel en sing sy meesleurend oor verlange, liefde, vervreemding, vrouwees, sensualiteit en oudword. Kom beleef Hougaard op haar beste. […]

Kaskenades!

Met Heinrich Wentzel, Angelique Filter, Jeanne-Marié Koekemoer, Zara West, Frances van Rooyen, Caeli Aggenbach, Zoë Oosthuizen Wat word van al jou verlore sokkies? Vir elke liewe kas in die hele wye wêreld is daar ’n Kasmannetjie wat jou kas mooi netjies hou. Kasper, ’n trotse kaskadet, en die sewe-en-’n-half-jarige, rolskaatsende Blommie waag dit om haar […]

Kattekwaad en koekeloer

Met Mia Groenewald, Ané Lourens Dis heeltyd speeltyd in ’n wêreld van kattekwaad en koekeloer. Woeps en Waps is onwaarskynlike maats. Waps kruip weg in haar verbeeldingswêreld en Woeps is ’n beterweterige babbelbekkie. Terg en pret om elke hoek en draai ontwikkel in ’n eindelose verbeeldingsreis vol speel, deel en verken. Met brabbeltaal, koddige gebare […]

Kitsie: Memoir of a Bomb-Squad Bok

Aangebied deur Jonathan Ball Van skolerugby-wonderkind tot Stormers-kaptein, van Springbok-glorie tot die lewe weg van die rugbyveld – beleef die verhaal van die formidabele voorspeler wat dalk die mees bekende lid van die Bomb Squad en ’n hoeksteen van die Springbokke se wêreldoorheersing was. Steven Kitshoffkeer terug na Stellenbosch vir ’n prettige en eerlike gesprek […]

Klavier-ekstravaganza III

Met Francois du Toit, Esthea Kruger, Pieter Grobler, Susan Paterson-Jones, Megan-Geoffrey Prinsen ander Klavier-extravaganza IIIgaan vir die derde agtereenvolgende jaar gehore trakteer op opwindende en geliefde klassieke werke. Kyk hoe die klaviere stelselmatig meer word… tot daar ‘n allemintige 10 vleuelklaviere, 20 pianiste en selfs ‘n orrel ingespan word. Regisseur en dirigent Nina Schumann Ondersteun […]

Klavieraria: Van Hummel tot Liszt

Met Jan Hugo(klavier) Laat die klavier sing! Hierdie program bring die liriese en dramatiese wêreld van die opera na die klavier, met werke van Johann Nepomuk Hummel, Sigismond Thalberg, Frédéric Chopin en Franz Liszt. Met enigiets van elegante salonstukke tot virtuose, operageïnspireerde klankwêrelde vang die program die passie, drama en poësie van die Romantiek vas. […]

Klein wêreld!

Klein wêreld! nooi jou na ’n betowerende wêreld van klein kunswerke. Kom ontdek meer as 500 unieke kunswerke in klein formaat deur meer as 100 opkomende en gevestigde Suid-Afrikaanse visuele kunstenaars. In dié ontspanne, toeganklike ruimte word kuns deel van die feeservaring, en alles is onmiddellik beskikbaar teen bekostigbare pryse. Ondersteun deur WÊRELD(Jaco van der […]

Kleurglasvensters van die Moederkerk

Oor son en sterre, duiwe en druiwe, visse en vlamme, windpomp en weerlig, kandelaar en kers… watter verhale vertel die vensters? Die kleurglasvensters van die Stellenbosse Moederkerk is kunswerke wat ryk is aan simbole. Zorada Temmingh se blik op die simboliek in die vensters ontsluit verrassende interpretasiemoontlikhede – veel meer as dié wat opgeskryf is […]

Klyntji-klub

Aangebied deur klyntji.com Ons Klyntji is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif wat in 1896 gestig is. Dit herleef in die 1940’s-’50’s, daarna in die 1990’s en sedertdien verskyn die gedrukte Ons Klyntji– literêre zine steeds elke jaar. klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe kuns […]

Knuppeldik aan kinkelkos

Sluit aan by die Kokkedoor-wennersHanna en Dirk van der Westhuizen vir ’n onvergeetlike langtafel-ervaring by KleinBlouKlip. Vier die bekendstelling van hul nuwe resepteboek, Knuppeldik aan kinkelkos, met ’n vyfgang-feesmaal geïnspireer deur die Karoo, familieherinneringe en kreatiewe kinkelkos. Verwag hartlike stories, verrassende geregte, uitstekende wyne en ’n aand vol musiek, nostalgie en moderne Suid-Afrikaanse kookkuns. ’n […]

Kom toer saam deur die alfabet!

Met Daniëlla van Heerden In hierdie prettige, eg Suid-Afrikaanse voorlesing uit ’n Leeu in ’n lugballon – Alfabetrympies vir aapsterte ontmoet kinders karakters van oraloor Suid-Afrika. Kom op ’n avontuur saam met Alex in Adelaide tot by Zandile in Zeerust en kyk wat hulle daar aanvang. Die joernalis, ouerskap-poduitsaaier en skrywer Daniëlla van Heerden lees […]