Krapp se laaste band

DEBUUT Met Carel Nel Dis ‘n laataand in die toekoms. Alleen op sy verjaarsdag sit Krapp tussen bokse vol herinneringe en die brose oorblyfsels van ’n lewe wat verbygegly het. Terwyl hy luister na ’n opname van sy jonger self – ’n stem vol ambisie, begeerte en selfvertroue – word hy gedwing om die afstand […]

Kristi Steyn: As die mooi aan ons haak

Met Kristi Steyn(sang), Christian van Zyl(klavier), Krayno Lategan(tjello) As die mooi aan ons haak is ’n ode aan die stories wat ’n mens vorm. Dié produksie, met sy unieke jazz- en big band-klank, ondersoek kreatiwiteit, inspirasie en die mens se behoefte om te skep. Saam met haar oorspronklike musiek, begelei deur klavier en tjello, verweef […]

Kuns op straat

Kuns in openbare ruimtes is deel van Stellenbosch se ryke kultuuromgewing, en vanjaar bied die Woordfees aan besoekers die geleentheid om dié skat te voet te verken saam met Hanlé Hill. Hier word wêreldbekende kunstenaars se handewerk nie beperk tot die ruimtes in geboue nie; dit kan deur almal op ons sypaadjies en in ons […]

Langarm-snack-dans

Kom dans saam en geniet ’n aand vol lekker musiek en kuier ten bate van WOW se studentefonds. Oud en jonk word uitgenooi na hierdie gewilde langarmdans waar ’n orkes sorg dat die dansvloer heelaand lewe en bewe – ’n ware hoogtepunt op WOW se kalender.

LAPA-lekkerleesminuut

Kom kuier saam by die LAPA-lekkerleesminuut! Bekendes in die vermaakbedryf lees voor uit van LAPA se bekendste en mees geliefde kinderboeke, én lekker boekpryse kan gewen word.

Laudo Liebenberg en Frank Freeman

Met Dillon Myburgh(tromme), Mika Burger(baskitaar), André Hough(klank) Laudo en Frank se show Kom wat wilbring twee besonderse stemme saam op een verhoog. Ná die sukses van die bekroonde produksie Eet kreef! Herleef keer dié duo terug met ’n vertoning vol nuwe musiek en stories. Dit beloof om ’n onvergeetlike aand van nostalgie te wees, maar […]

Leef jou droom

Herontdek jou drome saam met Minki van der Westhuizen by Lanzerac. Put inspirasie uit haar borrelende persoonlikheid en passie vir die lewe terwyl jy smul aan ’n feestelike laatontbyt.

LEMOENE, LEMOENE, LEMOENE, LEMOENE, LEMOENE

Met Dean John Smith, Mienke Ehlers In ’n Suid-Afrika waar mense net 140 woorde per dag mag gebruik, moet twee jong geliefdes leer om met stilte te leef en om met woorde te baklei. Hoe sê jy “Ek’s lief vir jou” as taal self gevaarlik geword het? Hierdie ontroerende stuk ondersoek wat liefde, vryheid en […]

Liedjies van Laurika

Met Daniel Anderson, Paul Ferreira Laurika Rauch is vir Afrikaans wat Piaf was vir Frans: uniek, aangrypend, onmiskenbaar anders. Liedjies van Laurika is ’n ondersoek na die skeppers en skrywers agter haar unieke musikale styl. Hoe het haar man, Christopher Torr, begin skryf? En waarom was dit Laurika se stem wat Koos du Plessis se […]

Liewe Heksie word gescam

Met Eldon van der Merwe, Mia van der Merwe Liewe Heksie het ’n prys in ’n talentkompetisie gewen en Karel Kat wil haar leer om mooi na haar prysgeld te kyk. Haai oe, maar groot woorde soos finansies, rente en begrotings (of is dit nou bekleinings?) laat Levinia se kop draai. Karel gee vir Levinia […]

Lina Spies: ‘n Huldiging

Aangebied deur Naledi Lina Spies se oeuvre van 11 digbundels oor ‘n tydperk van 51 jaar het haar gevestig as ‘n groot gees in die Afrikaanse digkuns. Ons vier haar lewe en loopbaan met ‘n huldiging deur Annemarié van Niekerk en voorlesings uit die bundel Onthou is die dag wat breek – ‘n Digterlike huldiging […]

Little Maestros: Classical Concerts for Families

Met Magdalene Minnaar Kom luister na nog ’n interaktiewe Little Maestros-konsert – dié slag luister ons na blaasinstrumente! Klassieke musiek is ’n wonderlike ontwikkelingshulpmiddel vir kinders onder die ouderdom van sewe en dra by tot beter breinontwikkeling en konsentrasie. Dié pasgemaakte konsert is spesifiek op jong luisteraars gemik wat in ’n ontspanne atmosfeer musiek van […]