Living the Ultimate Carnivore Lifestyle

Aangebied deur Penguin Random House Die karnivoor-dieet word bemark as ’n radikale benadering tot gesondheid, genesing en vetverlies. In werklikheid is dit bloot ’n kragtige, gestroopte vorm van ketogenies eet (keto): basies geen koolhidrate nie, voedingstofdig, vry van gemorskos en verfrissend eenvoudig. Die skrywer Hendrik Marais sal jou help om hierdie leefstyl te bemeester. Kom […]

Louis Viljoen: Selected Plays

Aangebied deur Karavan Press As dramaturg is Louis Viljoen bekend vir sy fyn, ingewikkelde taalgebruik en die ongemaklike intimiteit in sy dramas wat gehore vasgenael hou. Die versamelbundel Selected Playsbring vir die eerste keer tien van Viljoen se kragtigste toneelstukke byeen. Die aktrise Emma Kotze, een van Viljoen se gereelde medewerkers, gesels met die dramaturg […]

Lyfluister

Met Frieda van den Heever(gespreksleier), Gretha van der Merwe Wat is heilig aan menswees? In hierdie gesprek gesels Gretha van der Merwe, die skrywer van Lyfluister, oor hoe spirituele ontwaking en sielkundige ontwikkeling ’n lêplek in die lyf vind. In Lyfluister vertel sy hoe haar lyf ’n kompas geword het vir die reis deur die […]

Maak boerseep met Canettevallei

Leer saam met die ervare seepmaker Ingrid de Waal die geheime van tradisionele boerseepmaak volgens die kouewatermetode. Die kursus is bedoel vir beginners en is volgeprop met inligting en wenke. Jy gaan huis toe met jou eie boersepie en ’n bossie laventel wat jy self na afloop van die werksessie in ons laventellandery kan pluk. […]

Maggie Laubser op 140

Dié tentoonstelling is ’n viering van Maggie Laubser (1886-1973) se lewe en werk. Laubser en Irma Stern word algemeen beskou as die kunstenaars wat die Ekspressionisme aan Suid-Afrika bekend gestel het. Laubser, wat sterk aanklank gevind het by die Duitse Ekspressioniste, het vanaf die jare vyftig van die vorige eeu ’n sterk band met die […]

Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)

FRINGE Met Vihann van Rooyen Op die derde verdieping van die Koekmuseum sit Markus met ’n sigaret in die hand. Hy het pas sy angsmedikasie gelos en verwerk die afgelope drie jaar van sy universiteitsloopbaan met behulp van ’n brandblusser. Hierdie produksie belig temas van identiteit, verlies, liefde en aanvaarding. Dit ontbloot die flitsbeelde van […]

Maties gesels oor…

Word deel van die gesprek. WOW-studente kry die geleentheid om een van die Woordfees se diskoersgesprekke vir studente by te woon. Die gesprekke is gefokus op temas wat vir jong mense relevant is en skep ’n ruimte waar eerlike menings en ervarings gedeel word. Leerlinge kry ’n blik op hoe studente oor belangrike kwessies dink […]

Maurice Ravel se L’Enfant et les Sortilèges

Met José Dias(klavier), sangstudente van die US Maurice Ravel se L’Enfant et les sortilèges is ’n musikale towerkas wat oopklap die oomblik wanneer ’n stout kind besluit dissipline is vir die voëls. Stoele begin praat, teekoppies kla oor slegte maniere en diere én somme eis die respek wat hulle verdien. Hierdie mini-opera is half sprokie, […]

Meditasie in die Dylan Lewis-beeldetuin

Dylan Lewis het gesê: “Nature is church without dogma, connecting us with our authentic self.” Kom word saam stil tussen die imposante beeldhouwerke in die kunstenaar se fynbostuin, omring deur die grootse Stellenbosch- en Helderberg. Jan van Zyl, predikant en mindfulness-fasiliteerder, maak die deure van die natuurkerk oop om ons in stilte en meditasie deur […]

Meer as hormone

Om te weet wat in jou liggaam gebeur is slegs die begin. Hierdie gesprek verken die voller prentjie van wat dit beteken om in die middeljare te floreer, van mindfulness, beweging en kreatiwiteit, en die rol wat ondersteuningsgroepe speel. Antoinette Louw word vergesel deurWinnie Nelwat gesels oor die krag van stilte en meditasie, Karin Struwig […]

Meer as warm gloede: Jou liggaam, jou brein, jou hormone

Hierdie gesprek, wat voortbou op die kykNET-dokumentêr Meer as warm gloede, bring toonaangewende mediese kenners bymekaar om oop en eerlik te gesels oor wat werklik in ’n vrou se liggaam en brein gebeur tydens peri-menopouse en menopouse. Van hormonale verskuiwings en breinwaas tot slaap, gemoed en seksuele gesondheid – ons verhelder die wetenskap sonder sensasie. […]

Meesters en meltdowns

Kabaret Met Lucinda Rosa Bosch(sang, verteller), Wesley van der Westhuizen(klavier) Kunstenaars is net soos ons – selfs die groot meesters was nie verhewe bo ’n goeie ou meltdown nie! Lucinda Rosa Bosch (Die Melktert Kommissie) kombineer haar musiektalent en visuele verbeelding om episodes in die kunsgeskiedenis uit die verf te laat kom. Onder haar komiese […]