Met woord en lied

Met die Kaapstadse Kamerkooro.l.v.Antoinette Huyssen Met woord en lied is ‘n volledige Afrikaanse a cappella-program. Verwag bekende en nuwe toonsettings wat verder verryk word deur Frieda van den Heever, wat van die berymings voorlees. Komposisies en verwerkings deur onder andere S. Le Roux Marais, H. Pieter van der Westhuizen, Chris Lamprecht, Niel van der Watt […]

Middel: Noord & Suid

Met Aidan Davies, Lukhona Mkunyana Deur die gebruik van nieverbale kommunikasie, veral brabbeltaal en beweging, illustreer Middel/Middle hoe verhoudings gevorm kan word wanneer woorde misluk. Die stuk verken temas van ’n magstryd, verhoudings en konflik, aangevuur deur liefde wat ongesê bly. Noord (die Wonderlike) en Suid (die Dankbare) maak vir die eerste keer kontak met […]

Mixed Media Art Workshop

Sluit aan by die kunstenaar Carol Strydom vir ’n gemengdemedia-kunswerksessie waar jy jou kreatiewe vonk in ’n atmosfeer van sagte inspirasie kan herontdek. Dié ervaring word aangebied binne ’n ruimte wat bevorderlik is vir selfontdekking en nooi jou om teksture, kleure en herinneringe in lae saam te voeg tot ’n sielvolle weerspieëling van jou persoonlike […]

Moederkerk-orrelweek: Arnold Miller

Moederkerk-orrelweek: Hoog tyd vir hoogtrap Met Arnold Miller, Winand Grundling, Mario Nell, Isabelle van Rensburg en Andrea Kaiser-Mitas, Zorada Temmingh Een van die gewildste orrelwerke is marse, sekerlik vanweë die aansteeklike ritme en die feit dat marse meestal die krag van die orrel feestelik ten toon stel. Elke orrelis se program bevat minstens twee oorspronklike […]

Moederkerk-orrelweek: Hoe speel die orrel sit-sit so?

Met Zorada Temmingh “Die koning van instrumente” of “die magtige dreuning”. Óf, soos Temmingh se klavierdosent fronsend daarna verwys het, “box of whistles”. Die orrel is die onderwerp van amper net soveel grappe as die altviool. Klawerbord- of blaasinstrument? Meganiese, lug-, elektriese of digitale instrument? Praat, sing of skree ‘n orrelpyp? Watter pyp maak watter […]

Moederkerk-orrelweek: Mario Nell

Mario Nell Triomfantelike marse uit die Franse orreltradisie deur Alfred Lefébure-Wély en Théodore Dubois word gekontrasteer met Handel se grootse Passacaglia en Alexandre Guilmant se rustige Berceuse. Nell is orrelis van die Toringkerk in die Paarl en orreldosent aan die Konservatorium op Stellenbosch.

Moederkerk-orrelweek: Rooi4-orrelduo

Rooi4: Isabelle van RensburgenAndrea Kaiser-Mitas Albei lede van Rooi4 is konsert-orreliste wat reeds as individue opgetree het by die Orrelweek. Hulle bied marsduette van drie Amerikaanse komponiste – Charles Callahan, Phil B. Perry en Martin Ellis – aan, asook ‘n danssuite van die Suid-Afrikaanse komponis Jacobus Kloppers. Verder debuteer hulle ‘n werk vir vier voete […]

Moederkerk-orrelweek: Winand Grundling

Winand Grundling Drie bekende en indrukwekkende marse van Bruce Steane, Alexandre Guilmant en René-Louis Becker word gehoor, en dit word afgewissel met ‘n Bach-fuga in die styl van ‘n prettige gigue, en een van Grundling se eie koraalverwerkings (“Alle volke, klap jul hande”). Grundling is orrelis van die NG kerk Stellenbosch-Welgelegen.

Moederkerk-orrelweek: Zorada Temmingh

Zorada Temmingh Temmingh se 40ste jaar as orrelis van die Moederkerk word gevier met marse uit die verlede en hede. Sy herroep twee marse uit haar CD’s (“Vader, Seun, Heil’ge Gees” en “Abide with me”), doen nuwe improvisasies op Halleluja-liedere – van “… die ou, ou tyding” tot “Voorwaarts…” – en sluit af met ‘n […]

MOFFIE

Met David Viviers Moffie het sy wêreldpremière in Londen in 2024 gehad. Lofryke resensies het gevolg, insluitend ’n vyfster-gradering van The Guardian. Dit is ’n aangrypende verkenning van identiteit, manlikheid, onderdrukking, verbode begeerte en die blywende littekens van geïnstitusionaliseerde geweld. Gesetel in die brutale wêreld van die Suid-Afrikaanse Weermag in die 1980’s, delf hierdie verhoogaanpassing […]

Mondvol met Andriette Georgiou

Kom geniet ’n heerlik bak-ervaring vol koekies, stories, proeë en geheime bakwenke saam met Andriette Georgiou,stigter van die koekiemaatskappy Mondvol. Geniet varsgebakte lekkernye en leer ’n paar van Mondvol se geheime in ’n warm, vrolike atmosfeer. Ondersteun deur Mondvol

MoneyMoves: Die kuns van beskerm en bou

Die welvaartbestuurders Paul Roux en Ingrid Klückow bied ‘n gespreksreeks aan vir mense wat hulle geldbesluite met groter insig en meer selfvertroue wil neem. Elke gesprek is daarop gemik om finansiële onderwerpe prakties en relevant te maak vir die regte lewe. 8 OKT Waar om te belê: SA vs. die buiteland9 OKT Hoe om belastingvry […]