Mozart to Verdi: Two Faces of Opera

Met Conroy Cupido(bariton), Thembinkosi Magagula(sopraan), Musik Hochschule Nürnberg(kamerorkes), NWU Opera-ensemble (koor) Die NWU Opera-ensemble tree saam met die kamerorkes van die Neurenbergse musiekskool op in ’n konsertweergawe van opera se mees dinamiese oomblikke. Mozart se Die huwelik van Figaro (bedryf II, finaal) bruis van humor en chaos, terwyl Verdi se La Traviata (bedryf I) skitter […]
Ms B-haved

Met Sue Diepeveen Die geliefde onnie Sally Burkett is geskors, en ja, dis net so skandalig soos dit klink. Nadat sy jare lank oorleef het ondanks gedurig veranderende beleide, nuwerwetse leerstyle en berugte nuwe-era-ouers, wonder almal: Wat het sy nou eintlik aangevang om só diep in die moeilikheid te beland? Kom lag saam terwyl Sally […]
My kind druip

DEBUUT Met Shimmy Isaacs, Joshwin Dyson Niemand het dit sien kom nie. Hoe kon ons? Uit ’n lang bloedlyn van onderwysers het die onmoontlike gebeur: My kind het gedruip. Wat doen jy as ’n ma – huil jy, lag jy, bid jy? Hy moet net klaa maak, dis al wat saak maak. Hy gaat net […]
Naggesprekke: Die prys van applous

Wat is die koste wanneer die showeenvoudig móét aangaan? Agter die staande toejuigings en glansryke openingsaande skuil ’n strawwe werklikheid van uitbranding, finansiële onsekerheid en intense emosionele spanning. Die uitvoerendekunstesektor word deur ’n stille geestesgesondheidskrisis in die gesig gestaar. Kabous Meiring open die gesprek vir ’n uiters noodsaaklike, stigmavrye bespreking oor die sielkundige tol van […]
Naggesprekke: Hoe later hoe teater

Hoe gaan dit met teater in Suid-Afrika? Is dit nag of gaan dit eintlik lekker? Is die revolusie met kunsmatige intelligensie besig om teater te herposisioneer vir ’n inspirerende renaissance? Feeste probeer hul bes, maar staatsfinansiering is skaars. Op grondvlak bly die passie hoog brand. Kabous Meiring lei ’n eerlike, onverskrokke kyk na die stand […]
Naggesprekke: Klein skerm, groot probleme?

Die landskap van Suid-Afrikaanse televisie verander vinniger as wat ons van kanaal kan verwissel. Tussen die meedoënlose opkoms van wêreldwye stromingsreuse en die voortdurende finansiële stryd van plaaslike uitsaaiers – waar laat dit ons eie talent en stories? Kabous Meiring probeer uitpluis wat werklik agter die skerms van die TV-bedryf gebeur. Is dinge so kommerwekkend […]
Naggesprekke: Nabyskoot op die filmbedryf

Kabous Meiringlei ’n laatnagsessie waarin die struikelblokke van ons grootskerm-storievertellers ontleed word. Geleenthede raak minder en werk het byna heeltemal opgedroog. Ons vra ’n paar moeilike vrae en soek antwoorde by dié wat weet. Wat gebeur werklik agter die skerms, en moet ons van loopbaan verander of bloot vasbyt tot die moeilike tye oorwaai? Is […]
Neil Diamond onder die platespeler

Met Koos van der Merwe(stem en kitaar), Ryno Grobbelaar(kitaar), Hanley Jumat(kitaar) In die middel van die 1970’s lê ’n jong verliefde wat tot dusver die koue skouer gekry het, onder ’n Philips-platespeler, na die album Hot August Nighten luister, want Neil Diamond verstaan… Koos van der Merwe vertel stories en sing oor die hart se […]
Net klippe as waarnemers

2026 ’n Verbeelde reis deur die dinamiese stelsels wat gesamentlik die omgewingservaring van die Tankwa-Karoo uitmaak. ’n Krag beweeg deur die landskap, abstrak in vorm en tyd, met klippe die enigstes wat in staat is om van die geheel daarvan te getuig. Regisseur, kinematograaf, redigeerder en klankontwerp Matty Roodt
Netphlix

FRINGE Met Sophie Joans Netphlix is ’n vinnige, hoogs energieke satire waarin die bekroonde teatermaker en komediant Sophie Joans dié aanlyn stroomreus aanvat en vra: Wat is ’n goeie storie? Kan jySquid Gameoortref? Is oranje die nuwe swart? Moet ons vir Saul roep? Wie weet. Dalk kry jy antwoorde in Nephlix – ’n rou, intense […]
Netwerk24-gespreksreeks: Die bruin stem

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. – Hoe bepalend gaan bruin kiesers se kruisies wees op 4 November? En wie is die nuwe geslag bruin leiers? Van der Westhuizen gesels met prof. Christi van der Westhuizenendr. Christo van de Rheede.
Netwerk24-gespreksreeks: Geskiedenis vir die toekoms

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. Hoe lyk die ideale geskiedenis-kurrikulum en wat sê dit van ons eie belewenis van die geskiedenis en hoe ons na geskiedenis behoort te kyk? Van der Westhuizen gesels met proff. Jonathan Jansen, Nomalanga MkhizeenAlbert Grundling.