Netphlix

FRINGE Met Sophie Joans Netphlix is ’n vinnige, hoogs energieke satire waarin die bekroonde teatermaker en komediant Sophie Joans dié aanlyn stroomreus aanvat en vra: Wat is ’n goeie storie? Kan jySquid Gameoortref? Is oranje die nuwe swart? Moet ons vir Saul roep? Wie weet. Dalk kry jy antwoorde in Nephlix – ’n rou, intense […]
Netwerk24-gespreksreeks: Die bruin stem

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. Hoe bepalend gaan bruin kiesers se kruisies wees op 4 November? En wie is die nuwe geslag bruin leiers? Gert gesels met prof. Christi van der Westhuizen en dr. Christo van de Rheede.
Netwerk24-gespreksreeks: Geskiedenis vir die toekoms

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. Hoe lyk die ideale geskiedenis-kurrikulum en wat sê dit van ons eie belewenis van die geskiedenis en hoe ons na geskiedenis behoort te kyk? Van der Westhuizen gesels met proff. Jonathan Jansen, Nomalanga Mkhize en Albert Grundling.
Netwerk24-gespreksreeks: Ons volgende president?

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. Wie is die beste persoon om ons volgende president te word? Oor watter eienskappe en ervaring moet die ideale leier beskik – spesifiek om SA se uitdagings aan te pak? En wie is die kandidate? Van der Westhuizen gesels […]
Netwerk24-gespreksreeks: Professionele skolerugby

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. Skolerugby in Suid-Afrika het van ’n tradisionele sportaktiwiteit tot ’n semi-professionele bedryf ontwikkel. Is die manier waarop skolerugby tans bedryf word voor- of nadelig vir ons seuns? Skolerugbyspelers word as ’n inkomstebron gebruik en die kloof tussen voorheen benadeelde […]
Netwerk24-gespreksreeks: Vir ewig jonk

Netwerk24 nooi jou na aktuele gesprekke gelei deur Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur. GLP1’s, peptiede en ’n nuwe geslag middels wat veroudering kan keer: Wat is waar en wat is wolhaar? Werk dit of werk dit nie, en waar is die gevare? Wat is die verantwoordelike manier om dit te gebruik (of […]
Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Dr. Elna Rudolph

Hoe plesierig is Afrikaners in die kooi? Het ons volkie voorkeure wanneer dit kom by kafoefel? As daar een mens is wat weet, is dit waarskynlik die seksuoloog dr. Elna Rudolph. Spies vra haar uit oor haar werk en wat haar na dié professie gelei het, en waarom ons steeds so ongemaklik voel om reguit […]
Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Frank Opperman

Van Ouboet in Orkney snork nie tot Lourens Adendorff in Nêrens, Noord-Kaap – Frank Opperman het karakters vertolk wat van hom volksbesit gemaak het, en sy teaterwerk is ewe indrukwekkend. Hy gesels met die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies oor sy loopbaan, sy passie vir musiek en wat hy nog alles wil doen. In Die […]
Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Geordin Hill-Lewis

Geordin Hill-Lewis word as Kaapstadse burgemeester en nou ook DA-leier deur reuse-uitdagings in die gesig gestaar. Wat gaan by die stembus gebeur, en hoe sien hy die toekoms van die regering van nasionale eenheid? Hy gesels ook oor leierskap, kritiek oor tariewe in Kaapstad en die DA se omkeerstrategie. In Die onderhoud met Mia Spies […]
Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Michiel le Roux

Michiel le Roux, die stigter van Capitec-bank, is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde sakeleiers. Hy is ook ‘n filantroop wat aktief betrokke is by verskeie gemeenskapsprojekte en opvoedkundige inisiatiewe. Hy gesels oor besigheid, politiek en wat vir Suid-Afrika voorlê. In Die onderhoud met Mia Spies gesels die multimediajoernalis en TV-aanbieder Mia Spies met vyf […]
Netwerk24: Die onderhoud met Mia Spies: Prof. Deresh Ramjugernath

As dertiende rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch is prof. Deresh Ramjugernath se taak enorm: die bevordering van inklusiwiteit en transformasie, die balans tussen akademiese uitnemendheid en finansiële volhoubaarheid. Om van die bestuur van politieke en gemeenskapsverwagtinge asook kunsmatige intelligensie nie eens te praat nie… Hy gesels oor al die uitdagings wat hy pak. […]
Nik Rabinowitz: Mountain Jew

STANDUP Die komediant en Joodse plaasseun Nik Rabinowitz is gebore in ’n opgeknapte skuur teen die hange van Constantiaberg. As kind het hy boom geklim, in drie amptelike tale kommentaar gelewer op sy rugbywedstryde en ’n Waldorfskool bygewoon waar hy geleer het om met sy gevoelens te hekel en met ’n vyftoonfluit en ’n waterverfskildery […]