Filosofiekafee

Met Stan du Plessis, Vasti Roodt, Hannes Smit, Susan Hall, Amy Daniels, Dawid de Villiers, Marius Swarten ander Filosowe, woordsmede en wysgere span woorde in om mekaar om die bos te lei, spek te skiet of ekonomies met die waarheid om te gaan. Dit alles in die altyd sneluitverkoopte Filosofiekafee. Wie gaan vir wie ore […]
Fire for Life: Gut Health

Aangebied deur Human & Rousseau en FIRE Sluit aan by die gesondheidsafrigters van Fire for Life vir ‘n insiggewende gesprek oor Gut Health – The South African Guide, met dr. Stef Snyman en dr. Stephen Schmidt oor sy en Vickie de Beer se boek met praktiese wenke oor hoe jy jou gesondheid kan verbeter deur gefermenteerde kos te […]
Friends and opposites

1993 Vusi Mahlasela wys ons sy tuisdorp, Mamelodi, en stel ons voor aan sy vriende wat gehelp het om sy musiek te vorm. Hy bring dan tyd deur saam met die digter Lesego Rampolokeng, saam met wie hy eens die vertoning The Devil & The Saint aangebied het … kyk of jy kan raai wie […]
From Blaauwklippen to Bordeaux

Die manjifieke wyne van die Bordeaux-streek in Frankryk is wêreldbekend. Suid-Afrika, en veral die Stellenbosch-streek, het oor die afgelope paar dekades ook ’n benydenswaardige reputasie opgebou as ’n bron van Bordeaux-styl versnitte van hoë gehalte. Sluit aan by Derek Kilpin,besturende direkteur en aandeelhouer van Great Domaines-wynverspreiders, vir ’n proereis met opwindende voorbeelde van Bordeaux tot […]
ge-gebergtes

Met Carel Trichardt, Daneel van der Walt, Jayden Dickson, Ntombi Makhutshi, Miché van Wyk ’n Paar dae ná sy 90ste verjaarsdag word ’n emeritus professor oorweldig deur die lewe. Sy rekenaar, foon, niks wil werk nie – alles raak te veel. ge-gebergtes is ’n poging om sin te maak van sy konfrontasie met tegnologie. Van […]
Gert Vlok Nel

Met Gert Vlok Nel Die woord- en klankgenie van die Groot-Karoo is terug op die verhoog met ’n unieke vertoning wat aanhangers soos altyd aan sy lippe sal laat hang. Danksy ’n lewe wat al ontelbare draaie gegooi het, asook sy unieke poësie, aweregse humor en droë maniërismes, sorg Nel se optrede vir uitsonderlike oomblikke.
Geskiedenis-gespreksreeks: Die bittereinders en Gideon Scheepers

Met Arnold van Dyk, Lindie Koorts, Peter Greeff, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier) Die bittereinders word in die moderne konteks dikwels verkwalik omdat hulle tot die einde geveg het in die Anglo-Boereoorlog. Sommige revisionêre en leunstoel-historici is van mening dat hulle daardeur net die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe verleng het. […]
Geskiedenis-gespreksreeks: Helde of slagoffers?

Met Fransjohan Pretorius, Lindie Koorts, Ruhan Fourie, Arnold van Dyk, Kabous Meiring(gespreksleier) Wat het diegene wat in die Anglo-Boereoorlog geveg het aangetref toe hulle huiswaarts keer? En hoe het dié geskiedenis ons bygebly? Hoe het nasionalisme sy vastrapplek gekry met die oorlog ingeprent in ons kollektiewe psige, en wat van vandag? Ry ons op die […]
Geskiedenis-gespreksreeks: Innovasie in tye van oorlog

Met Arnold van Dyk, Fransjohan Pretorius, Albert Grundlingh, Kabous Meiring(gespreksleier) Oorloë is ’n ongelooflike bron vir navorsing wat die mediese geskiedenis betref. Dr. Hermann Küttner het besonderse werk gelewer aan die Westelike front en ‘n hospitaal gevestig wat destyds aan internasionale standaarde voldoen het. Hy het ‘n X-straalmasjien saamgebring uit Duitsland en aangedring op elektriese […]
Geskiedenis-gespreksreeks: Oorlogsdigters en musikante

Met Fransjohan Pretorius, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier) F.W. Reitz en Jan F.E. Celliers was digters van die Anglo-Boereoorlog. In hierdie bespreking word met ’n geskiedkundige invalshoek na hul poësie gekyk eerder as net letterkundig. Die oorspong van die gedigte sê baie oor die verskrikking van die oorlog.
Geskiedenis-gespreksreeks: Was daar demokratiese murg in ons pype?

Met Ruhan Fourie, Lindie Koorts, Schalk van der Merwe, Kabous Meiring(gespreksleier) Het Afrikaners ’n demokratiese geskiedenis? Voor 1994 was daar ’n sterk tradisie van republikeinisme, verkose regerings en selfbeskikking. Van die ZAR en Vrystaatse republieke tot die Kaapse liberale tradisie en weerstand teen veraf magte was plaaslike besluitneming sentraal. Die deelnemers vra indringende vrae oor […]
Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann

Met Suzanne Martens (viool),Maya Egashira(altviool), Peter Martens(tjello), José Dias (klavier) In hierdie konsert word die wêreldpremière van Hendrik Hofmeyr se nuwe Klavierkwartetaangebied. Dis geskryf op versoek van die tjellis Peter Martens. Ook op die program is W.A. Mozart se geliefde Klavierkwartet in G-mineur(K478) en Robert Schumann se Romantiese meesterstuk, die Klavierkwartet in E-mol majeur,Op. 47.