Elmarie Berry kook

Sluit oor middagete aan by die bekroonde kosboekskrywer, stilis en resepontwikkelaar Elmarie Berry vir ‘n voorsmakie van alles wat haar wêreld mooi en lekker maak. Berry is die skrywer van Kosbaar (2024) en The Table (2025), wat verlede jaar by die Gourmand-toekennings bekroon is as die beste Mediterreense kookboek ter wêreld! Haar kookkuns is ’n […]
Elvis Blue: Toe, nou, môre

Met Elvis Blue, Juan Floors Oosthuizen(kitaar), Thinus Odendaal(tromme) Toe, nou, môre is ’n musikale reis deur die stories, herinneringe en oomblikke wat ons vorm. Met bekende liedjies, persoonlike stories en nuwe perspektiewe kyk Elvis Blue terug na waar ons was, waar ons nou is, en die hoop waarmee ons vorentoe leef. Dis ’n vertoning vol […]
Eugene

Met Carlo Daniels, Lynette du Plessis, Kirby van der Merwe Eugene, gegrond op Kirby van der Merwe se veelbekroonde roman, is ’n rou en poëtiese portret van ’n man wat tussen wêrelde leef. Streetwise maar skynbaar upper middle classis Eugene ’n flaneur, soeker, minnaar en verlore seun – ’n hardegat randfiguur wat die kuns bemeester […]
Evita@91

Met Pieter-Dirk Uys Die land se bekendste wit vrou is 90. Sedert 1981 verteenwoordig sy Suid-Afrika se ambassadeur in Bapetikosweti, vasgevang tussen publieke oor en oog. Van NP tot ANC, Luthilihuis se kombuis … Sy het nie ’n kristalbal nodig om te sien wat aan die gebeur is nie. Die toekoms is seker, dis die […]
Famous for not Being Famous

2003 Met James Phillips, Robbie Thorpe, Koos Kombuis, Jannie Hanepoot van Tonder ’n Fliek oor James Phillips, wat op 31 Julie 1995 op 36-jarige ouderdom oorlede is. Hy was ’n komponis, musikant, rockgroepleier en die stem en gewete van ’n geslag wit Suid-Afrikaners. Vervaardiger, regisseur, skrywer en verteller Robbie ThorpeRegisseur, kinematograaf en redigeerder Lloyd Ross […]
FaustX

Met Darion Adams, Liezl de Kock, Iman Isaacs, Sophie Joans, Siphenathi Mayekiso, Toni Morkel ’n Ontstellende, surrealistiese drama oor menslike strewe, versoeking en onbeheerste ambisie. Hierdie 21ste-eeuse dr. Faustus, gedryf deur ’n onversadigbare honger om ’n innerlike leegte met betekenis te vul, sluit ’n ooreenkoms met Mefistofeles en bevind hom op ’n pad van uitbreiding, […]
FEDA-wenner:The Desert Station

Aangebied deur redDRAMA, Redhill School and FEDA The Desert Station is ’n fisieke teaterstuk wat ’n eenvoudige, maar dringende vraag vra: Hoe lyk heling wanneer herinneringe nog soos stof in die lug hang? By ’n verlate treinstasie wag ’n geslag op ’n beloofde toekoms wat skynbaar nooit gaan opdaag nie. Die werk put uit Suid-Afrika se […]
Fees van die Woord: Moederkerk-eredienste

4 OKT Die volheid van tydIn die Pleroma van tyd is die kernvraag: Wanneer word tyd hoog tyd? Tyd is gewoonlik net chronologie – minute en dae. Maar soms gebeur iets anders – die tyd word ryp, of soos Galasiërs 4:4 dit stel: “Toe die volheid van die tyd gekom het…” Die koor Viva Cantare […]
Feesdigter: Tom Dreyer

Tom Dreyer, Stellenbosser, veelbekroonde skrywer en Hertzogpryswenner vir poësie, is vanjaar ons feesdigter. Sy jongste bundel, Brief op veertigduisend voet, gee die feestema vlerke. Kyk oral op die feesterrein na bo om Dreyer se woorde in die hoogtes te sien, versamel ’n papiervliegtuigie met een van vier handgeskrewe gedigte en raak daagliks betrokke by die […]
Feeshonde

Met die Dierewelsynvereniging Stellenbosch (DWS) Mahatma Gandhi se beroemde woorde “Die grootsheid van ’n nasie en sy morele vooruitgang kan gemeet word aan die manier waarop hy sy diere behandel”, is ook die oortuiging waarvolgens die DWS optree. Hul stalletjie by Khaya-kafee verteenwoordig die werk wat hulle in die plaaslike gemeenskap doen om die slegte […]
Feeskunstenaar

Daniel Naudé het kuns aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, en sedertdien het sy werk as fotograaf hom reg oor die wêreld geneem. Hy word gedryf deur sy ondersoekende gees, maar is veral bekend vir die oomblikke van stilte wat hy op sy ontdekkingstogte vasvang. As feeskunstenaar bied hy aan feesbesoekers ’n eerste kykie na Still […]
Fiksiefees

Dis Albert Camus wat gesê het fiksie is die leuen waardeur ons die waarheid vertel. Die Toyota Stellenbosch Woordfees se eerste Fiksiefees is ’n oggend waar ons die skrywers van hierdie ware leuens en hul boeke in die kollig plaas en ons verlekker in hul stories. Gesprekke, praatjies, aanbiedings en perspektiewe – hier kyk ons […]