Draai die ligte na môre

Met Lelanie van der Berg (sang), Philip Vermeulen(kitaar), Melisizwe Plaatjie(klavier) Draai die ligte na môre is ’n unieke, intieme musiekervaring wat gehore nooi om nie net te luister nie, maar werklik te vóél. Hierdie produksie verweef jazz, ghoema en kontemporêre wêreldklanke in oorspronklike liedere wat vars, eerlik en diep roerend is. Die musikante word verenig […]

Drie van die bestes

Met Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys, Matthys Maree(klavier) Drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – drie van die bestes! Ten spyte van elkeen se uiteenlopende musiekstyl skep hierdie ensemble, wat bekend is vir hul a cappella- en ensemblesang, ’n naatlose klankmosaïek – van pop en ballades tot ligte klassieke musiek – wat die […]

Dylan Lewis-beeldetuin Begeleide toer

Kom geniet die wonderlike tuin van die beeldhouer Dylan Lewis waar meer as 60 van sy werke in ’n pragtige natuuromgewing ten toon gestel word en ’n magiese ervaring skep. Die toer word gelei deur Hanlé Hill, wat haar kennis van kunstenaars, ateljees en tuine deel. Let wel Die tuinpaadjies is ongelyk en met los […]

EasyEquities finansiële gespreksreeks: Beleggingsraad vir ma’s

Carly Barnes, hoof van bemarking by EasyEquities en ma van ‘n babaseun en peuterdogter, gesels oor hoe om as ma vir jouself en jou kinders te belê. Is dit moontlik om jou kinders te leer om finansieel onafhanklik te wees en vir hul eie studies te betaal teen die ouderdom van 18? Hoe balanseer jy […]

EasyEquities finansiële gespreksreeks: Vroue en entrepreneurskap

Met Rose Jordaan, Carel Nolte & Carly Barnes(gespreksleiers) Jordaan gesels oor entrepreneurskap, wynmaak, bemarking, natuurbewaring, velddraf en nog meer. Sy is die eienaar van Plaisir waar sy haar rol sien as bewaker en bewaarder vir toekomstige geslagte. As argitek en natuurliefhebber het sy al verskeie projekte in en om Stellenbosch aangepak om die gebied vir […]

Eerste lig

Met Zorada Temmingh Begin die dag met stilword onder strelende orrelmusiek terwyl die eerste lig deur die kleurglasvensters van die Moederkerk val. Steek ’n kersie aan vir ’n geliefde of ’n gedagte. Op Vrydag 9 Oktober sal Nagmaal bedien word. Die koffiestalletjie sal elke dag oop wees.

Eerste vir alles

Met Frank Opperman, Margit Meyer-Rödenbeck Eeue nadat hulle uit die paradys gesmyt is, besin Adam en Eva oor die huwelik. Dit was glad nie maklik om die proto-paartjie te wees nie, gehoor? Alles moes vir die eerste keer uitgepluis word: liefde, kinders en huishou. Noudat die laatlammetjie die huis gaan verlaat, het Adam en Eva […]

Eggo’s van Latyns-Amerika | Echoes of Latin-America

Met Valentina Koleva-Vorster(viool), Renée van der Westhuizen (viool), Karin Gaertner(altviool), Dane Coetzee (tjello), Nina Fourie-Gouws(kitaar) Die Da Cape’O-strykkwartet bied ’n opwindende program aan wat die ryk en diverse klankwêreld van Latyns-Amerikaanse komponiste ten toon stel. In hierdie konsert sluit die bekroonde kitaarspeler Nina Fourie-Gouws haar by die kwartet aan, wat ‘n bykomende dimensie aan die […]

Ek is nie Danie

Met Albert Pretorius, Schalk Joubert In die keur uit die digter Danie Marais se vier digbundels trek Albert Pretorius die skrapnel van ’n vreesaanjaende gewone lewe skerf vir skerf uit mislukte huwelike in die buitenste ruimte van Duitsland en die bevoorregte gemors van middelklas-Suid-Afrika. ’n Storie oor ouerskap en die soeke na behoort en sin […]

Ek is nie Danie: Die boekbespreking

Aangebied deur Flyleaf Ek is nie Danie is ’n versamelbundel wat hoogtepunte uit Danie Marais se vier vorige digbundels byeenbring: In die buitenste ruimte (2006), Al is die maan ’n misverstand (2009),Solank verlange die sweep swaai (2014) en Ek en jy bestaan nie (2024). Die bundel is gebore uit die wegholsukses van die gelyknamige verhoogproduksie […]

Elke briljante ding

DEBUUT Met Albert Pretorius In Nico Scheepers se nuwe Afrikaanse vertaling van Every Brilliant Thing, Duncan Macmillan se wêreldbekende teaterervaring, vertolk Albert Pretorius ’n kind wat probeer om sy ma se hartseer te verstaan en dan ’n lys begin maak van alles wat die lewe die moeite werd maak. Wat begin as ’n eenvoudige inventaris, […]