Die hart van ’n ma

Aangebied deur Naledi Die joernalis Daniëlla van Heerden se immergewilde poduitsending ’n Ma & ’n mikrofoon is die inspirasie vir haar boek Die hart van ’n ma. Al die fases van ouerskap word in die bundel bespreek en gevier: die onsekerheid van ’n eerste swangerskap, die opwinding van ’n pienkvoet, die uitdagings van die tienerjare […]
Die huilende bruid

Aangebied deur Painted Dog Press In Die huilende bruid en ander versinsels weef Dominique Botha outobiografie en fiksie saam tot ’n lewendige portret van die Suid-Afrikaanse landskap. In hierdie versameling van haar korter skryfwerk reis haar blik tussen die Hoëveld en Europa, familie-argiewe en kroegtoonbanke, humor en rou. Danie Marais gesels met Botha oor haar […]
Die kwiksilwers

2024 Met Lida Botha, June van Merch, Susanne Beyers, Theresa Sedras, Jacques Bessenger Elsabe Marais, ’n weduwee in haar tagtigs, en haar drie bejaarde vriendinne vertrek op ’n skreeusnaakse reis deur die Karoo om ’n meteoorreën in Sutherland te ervaar. Hulle het drie dae om daar uit te kom, maar om dié droom te verwesenlik […]
Die oorkant

Aangebied deur Tafelberg Annemarié van Niekerk het in 2023 opslae gemaak met haar memoires, Onder ‘n bloedrooi hemel, wat ook in ’n baie suksesvolle teaterproduksie verwerk is. Nou is sy terug met ‘n roman: Die oorkant vertel die verhaal van Ada wat noodgedwonge van haar grootwordplaas moet weggaan, maar dan ná twee dekades terugkeer en […]
Die Serwiër

Aangebied deur Queillerie Twee Van der Merwes loop by ’n skrywerskamer in… Een van hulle is Carel van der Merwe, bekroonde skrywer van boeke soos Geldwolf, Donker stroom en Kansvatter. Die ander is Schalk van der Merwe, historikus, musikant en ywerige leser van spioenasiefiksie. Maar hierdie is nie ’n grap nie: Wat volg, is ’n […]
Die storie van sauvignon blanc

Kom luister in hierdie boekgesprek-en-wynproe saam met bekroonde Stellenbosse wynmakers na onvertelde stories van Suid-Afrikaanse sauvignon blanc – van vars kusstyle tot komplekse wyne met uitstekende verouderingspotensiaal. Dit is ‘n kultivar wat plek, styl én die wynmaker se hand weerspieël. Die gesprek word geanker deur die koffietafelboek The Story of South African Sauvignon Blanc, met […]
Die vrou met nege lewens

Aangebied deur Queillerrie Op die drumpel van 60, met haar jongste kind op pad uit die huis, sukkel die hoofkarakter van Die vrou met nege lewensom rus in haarself te vind. Die enigste konstante blyk haar versorging van katte te wees wat soos ’n draad deur haar lewe loop. Debbie Loots se jongste roman gaan […]
Diereriem

Aangebied deur Tafelberg Etienne van Heerden se nuwe roman, Diereriem, is ’n verrassende wending in sy oeuvre: ’n literêre spioenasieverhaal wat ook oor tragiese liefde handel én ’n reisstorie is. Drie Stellenbosse studente word gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem” en word onlosmaaklik aan mekaar verbind deur ’n kampustragedie. Diereriem is die verhaal van […]
Diva: Amanda Strydom

Met Amanda Strydom, Coenraad Rall(klavier) Tussen die hoë kantoorblokke in ’n groot stad staan die Diva – eens ’n glansryke teater, maar vandag ’n tragiese skaduwee van wat dit toentertyd was. In die kleedkamer sit ’n ou chanteuse voor die spieël. Beatrice le Seur (eens Bets le Roux van Fordsburg) onthou die ou dae en […]
Doktor Soutie: Live in Concert

Met Philip Southey Wat gebeur wanneer ’n mens klavier, elektriese én Spaanse kitare, Ierse fluit, sintetiseerder, djembe, Afrikaanse rap… en doedelsak kombineer? Kom laat die Doktor jou wys! Hierdie naatlose kaleidoskopiese reis deur Keltiese klaagliedere, jazzklavier, 80’s synthpop, 90’s rock, Afrika-ritmes en Spaanse kitaar is ’n musikale fees. Alle klanke word intyds geskep en niks […]
Draai die ligte na môre

Met Lelanie van der Berg (sang), Philip Vermeulen(kitaar), Melisizwe Plaatjie(klavier) Draai die ligte na môre is ’n unieke, intieme musiekervaring wat gehore nooi om nie net te luister nie, maar werklik te vóél. Hierdie produksie verweef jazz, ghoema en kontemporêre wêreldklanke in oorspronklike liedere wat vars, eerlik en diep roerend is. Die musikante word verenig […]
Drie van die bestes

Met Danie Niehaus, Mathys Roets, Germandt Geldenhuys, Matthys Maree(klavier) Drie kunstenaars, drie uiteenlopende stemme, drie persoonlikhede – drie van die bestes! Ten spyte van elkeen se uiteenlopende musiekstyl skep hierdie ensemble, wat bekend is vir hul a cappella- en ensemblesang, ’n naatlose klankmosaïek – van pop en ballades tot ligte klassieke musiek – wat die […]