Cottonwool Kid

Met Toni Morkel Ons volg CK, ‘n dogtertjie op haar komplekse reis deur die patologie van obsessief-kompulsiewe versteuring. Sy word vergesel deur haar lojale hond, Luigi. Die stuk is losweg gegrond op Morkel se outobiografiese materiaal en onder Strike se skerp kreatiewe oog geskep. Strike se kenmerkende benadering, gekombineer met Morkel se unieke fisieke aanslag, […]
CRYBABY

Met Frank Opperman, Nicole Holm, Wian Taljaard, René Cloete, Gantane Kusch Op ’n doodgewone oggend, by ’n doodgewone dagsorg, beleef die driejarige Samuel die onkeerbare verwoester van onskuld – die nuus. Hy verander in ’n oogwink: van ’n doodgelukkige kind na ’n moeë volwassene, dekades verouder deur haglike hoofopskrifte, tragiese gebeure en die lot van […]
Curro: Die hele storie

Die sakejoernalis Ryk van Niekerk kry die hele storie oor Curro by die man wat die skolegroep begin het en die vrou wat steeds een van die groep se leiersfigure is. Dr. Chris van der Merwe, die onnie wat ‘n sakereus geword het, het Curro in 1998 met sy skeidingspakket begin, en dit uitgebou tot […]
Dag van pöesie

By die Toyota Stellenbosch Woordfees se tweede Dag van poësie vier die digkuns hoogty. Poësie word voorop gestel met voorlesings, voordrag en in-diepte besprekings. ’n Verskeidenheid digters se stemme word gehoor en gevier, en ons huldig een van die groot geeste wat haar lewe aan hierdie hogere kunsvorm gewy het. Kom luister en ervaar die […]
Dagbreek-straatmyl

Die 15de Dagbreek-straatmyl word vanjaar weer in die boomryke Victoriastraat gehardloop. Daar is 7 wedlope met altesame 17 afdelings – van o.10 tot Meesters. Kom neem deel of kyk hoe ander hardloop by hierdie prettige geleentheid met musiek, vermaak en pryse. Vanjaar vereer ons die middelafstand-legende Sydney Maree, wat op 28 Augustus 1983 die wêreldrekord […]
Dave Pepler: Smelt

Dave Pepler se jongste boek gaan oor verandering. Komplekse stelsels, selfs eenvoudiges, is stabiel totdat iets dit beïnvloed en die ganse stelsel ’n faseverandering ondergaan. Ys word water, water word stoom. Dit geld ook vir die mens. Eendag is ons stabiel en gelukkig; die volgende dag verpletter. Eendag is ons gesond en sterk; die volgende […]
Deconstructing the Still Life: Masterclass

Hierdie paneelbespreking vloei voort uit Strauss & Co se tentoonstelling Anything but Static: A Selection of Modern and Contemporary Still Life. Dit stel ondersoek in na hoe dié genre voortdurend buite sy tradisionele grense ontwikkel. Van historiese konvensies tot kontemporêre interpretasies bly die stillewe ’n kragtige manier om na te dink oor identiteit, kultuur en […]
Die ander dogter

Met Sandra Prinsloo ’n Tienjarige meisie vind toevallig uit van ’n suster wat twee jaar voor haar geboorte oorlede is. Dié dogter was die Franse skrywer Annie Ernaux, wat in 2022 met die Nobelprys vir letterkunde bekroon is. Skielik was Annie nie meer ’n enigste kind nie, maar die plaasvervanger vir ’n groot afwesigheid wat […]
Die blou argief

In hierdie multidissiplinêre uitstalling word die brose skoonheid van Suid-Afrika se onderwater-ekostelsels verken. Met Freda Theronse mariene sianotipes, Ceramic Matters se keramiek- en glasriwwe en Hanlé Hill se tekstiel-kelpwoude duik die versameling diep om ons inheemse korale en seegras te huldig. Saam met gaskunstenaars dien hierdie visuele argief as ’n viering van onsigbare biodiversiteit – […]
Die geheim van Slangfontein

2011 Met Rian Malan, Ian Roberts en die Radio Kalahari Orkes, Jack Parow, Valiant Swart ’n Desperate man soek na Slangfontein, ’n geheimsinnige dorpie in die Kalahari-agterland. Om dit te vind volg hy die sein van die spookradio Kalahari na die hart van ’n boeremusiek-utopia wat “honderd jaar agter die tye, maar steeds op die […]
Die Gesels-ontbyt met Leandie du Randt

Aangebied deur VIA Gesels, die gewilde kletsprogram op VIA, kom maak vanjaar die eerste keer ’n draai by die Woordfees. Kom sluit aan by Leandie du Randt vir ’n heerlike ontbytervaring vol koffie, klets en praktiese lewenslesse. Maak jou reg vir eerlike, inspirerende gesprekke en ’n lieflike oggend wat jou sal opkikker en nuwe moed […]
Die geskiedenis van braaibroodjies

Aangebied deur Flyleaf Die geskiedenis van braaibroodjies volg Frans de Villiers wat die storie van hierdie klassieke braaikos naspoor. Hy kyk 300 jaar terug in die geskiedenis en bestudeer ou resepteboeke, krap in kerkargiewe rond en vind leidrade en bestanddele in Boerekalenders, reisjoernale, VOC-korrespondensie, koerante en tydskrifte. Natuurlik kry hy ook honderde handgeskrewe familieresepte onder […]