’n Akkerboom

RESENSIE ‘ ’n Akkerboom’ gaan sit op die gesigte van hulle wat trauma ken Jan-Jan Joubert‘n AkkerboomkykNET Hoërskool StellenboschFoto’s: Nardus Engelbrecht Die gehoor word begroet deur ineengestrengelde stoele. Is dit ’n hipnose-vertoning dié? Maar dis mos vet pret? Met De Klerk Oelofse, daardie grappige gasheer van Kyk wie praat? Toe nou nie, want die skyn […]

Agteraf

RESENSIE ‘Agteraf’ is ’n chaos wat wérk Willem BesterAgterafJapie Krige-saal, Paul Roos-gimnasium Agter die skerms van ’n kindertoneelstuk is die akteurs Brandon (Jurgen McEwan), Herman (Waldemar Schultz) en At (Francois Toerien) druk besig. Daar is teks, kostuums en rekwisiete om te tem, en onder die probleme van ’n ontoereikende produksie lê die akteurs se eksistensiële […]

Cape Town City Ballet

RESENSIE Balletbestes grasieus maar beknop Janneke van Zyl Cape Town City Ballet HMS Bloemhof-skoolsaal Foto’s: Nardus Engelbrecht In ’n wêreld vol gesinchroniseerde TikTok-dansies wonder party mense tereg of daar nog ’n plek is vir ballet. Kan ons nog vir langer as sewe sekondes konsentreer en die grasieuse bewegings waardeer, of het skermtyd ons afgesny van […]

Die Theuns Jordaan-liedjieboek

RESENSIE Theuns se treffers leef opnuut Marchelle van ZylDie Theuns Jordaan-liedjieboekHMS Bloemhof-sentrumFoto’s: Nardus Engelbrecht Wat ’n heerlike konsert deur van Suid-Afrika beste kunstenaars wat saam hulde bring aan een van ons land se heel grootstes wat op 17 November 2021 oorlede is. Boonop word hulle begelei deur ’n gatskop-orkes van sewe wat die Theuns Jordaan-treffers […]

Gert Vlok Nel

RESENSIE Niemand op aarde doen dit soos hy nie Susan BooyensGert Vlok NelThe Daisy Jones Bar Dis ’n gryserige Donderdagmiddag en ’n skraal windjie waai van die wingerd af deur die Daisy Jones Bar waar ’n lojale skare met drankies in die hand vir die man van die dag wag. Op die kop eenuur stap […]

Hans steek die Rubicon oor

RESENSIE Bouguenon laat elke ‘Hans’-karakter dans Willem Bester Hans steek die Rubicon oor Drostdy-teater Vir lesers van Rudie van Rensburg se trefferboek Hans steek die Rubicon oor gaan die inwoners van Huis Madeliefie geen bekendstelling nodig hê nie. Diegene wat nie danige lesers is nie het dalk met Hans van Kraaienburg en sy ouetehuisvrinne kennis […]

Honestly, ek verstaan jou nie!

RESENSIE Die admin van skei is geen trougeskenk werd nie… of is dit? Jo-Ann Floris Honestly, ek verstaan jou nie! HMS Bloemhof Skoolsaal Mike en Hope sny na aan die been van Die Huwelik. Die Idilliese Samesyn. Dan, die groot vraag: Egskeiding, of nie? Die tweetjies het twee jaar lank nogal mooi gehou, maar die […]

Klassieke Musiek

VOORSKOU Fees van klassieke musiek wag dié naweek Naudé Van Der Merwe Die Toyota US Woordfees is al vyf dae volstoom aan die gang, maar oor die volgende twee dae tel die fees verder spoed op. Die naweek is propvol uitvoerings en produksies met plaaslike en internasionale kunstenaars. Vrydagaand om 20:00 is die Universiteit van […]

Koos Prinsloo oor begeerte en slagting

BOEKGESPREK Gay pionier steeds ‘helder ligsuil’ 28 jaar ná sy dood Jan-Jan JoubertKoos Prinsloo oor begeerte en slagtingOude Leeskamer Koos Prinsloo is op baie vlakke die baanbreker van robuuste gay-letterkunde in Afrikaans en bly vir baie mense die voorste eksponent daarvan. Byna dertig jaar ná sy vroeë afsterwe in ’n tyd toe MIV-vigs ’n doodsvonnis […]

Nipped in the butt

RESENSIE Kyk weer… hoe lyk dit nou? Marchelle van ZylNipped in the buttHMS Bloemhof-skoolsaalFoto’s: Nardus Engelbrecht “We’re doctors. We are here to help.” Vier jong dokters geniet ’n welverdiende smoke break. Die verhoog is ’n nie-amptelike rookarea. Die enigste inkleding op stel is jou tipiese onpersoonlike bankies en ’n onversorgde potplant wat dien as asbak. […]

Op ’n queer journey

BOEKGESPREK Maak pas jou vel, sodat jy tuis voel daarin Jo-Ann Floris Op ’n queer journey Boeketent Foto’s: Emma Wiehman-Ink ’n Mens kan swaar dra aan name. Partykeer ’n familienaam met ’n gelaaide geskiedenis, soms een wat ’n meulsteen om die nek is. Soms kry jy ook die kans om ’n nuwe naam te kies, […]

Roosenschoon op 70

RESENSIE Roosenschoon se nalatenskap gevier Naudé van der MerweRoosenschoon op 70EndlersaalFoto’s: Llewellyn de Wet Ná twee semesters van middelmatige B.A.-punte op Stellenbosch besluit ek ’n B.Mus.-graad is die antwoord op my inspirasielose eerstejaar. My ouers, bekommerd oor dié studieskuif, sê dis reg so, maar hulle wil darem net eers ’n afspraak met die musiekdepartement se […]