Die ekonomie druk oral en dit was dus vir die Woordfeesbestuur ’n prioriteit om feesgangers vanjaar toegang tot soveel gehalte-aanbiedings moontlik te gee. Benewens ’n groot verskeidenheid gratis feesplesiere soos kunsuitstallings en die grootste deel van die Diskoersprogram en Filmfees, is daar verskeie inisiatiewe om kaartjies meer bekostigbaar te maak.

Hier is ’n nuttige opsomming van al jou spaarmoontlikhede:

TOYOTA MUSIEKFEES

Koop drie kaartjies na die volgende konserte en kry een gratis:

Afslag vir groepbesprekings

Bring ’n hele partytjie fees toe en spaar.

Nagskof Vol. 1

Met: Fokofpolisiekar (wat hulle nuwe album bekendstel), Desmond and the Tutus & Majozi
Woensdag 11 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R95

Spoegwolf

Donderdag 12 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R120

Uit volle bosch

Met: Van Der Aven, Zaan Sonnekus, Gian Groen, Jan Blohm, Die Heuwels Fantasties 

Vrydag 13 Oktober | 18:00 | Van der Stel-sportgronde | Toegang vanaf R150

DANS

Early bird – kry 40%-afslag op jou kaartjies vir hierdie produksies tot en met 31 Julie:

TONEEL

Studenteafslag: Jy kry 15%-afslag met ’n geldige studentekaart vir die volgende produksies, maar net op prysklas 1:

Kry 15%-studente-afslag met ’n geldige studentekaart vir die volgende produksies, maar net op prysklas 1 en 2:

KLASSIEKE MUSIEK

Pensioenarisse kry R15 afslag op ’n kaartjie wat vooraf vir enige aanbieding op die Klassieke Musiek-program gekoop word. Gebruik jou ID-dokument om vir hierdie afslag te kwalifiseer.

SEISOENKAARTJIES

As jy ‘n seisoenkaartjie koop, spaar jy lekker. Jy is ook welkom om van jou kaartjies met ’n vriend te deel as jy nie al die uitvoerings kan of wil bywoon nie.

Moederkerk-Orrelweek-seisoenkaartjie

Kry toegang tot al vyf Orrelweekvertonings vir R350 en spaar R150.

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou vyf kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: Strauss & Co-gesprekke

Spaar 50% deur net R120 vir 8 gesprekke te betaal. Die gesprekke sluit in:

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou agt kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: Victoria Hub-gesprekslokaal

Koop ’n seisoenkaartjie en spaar R355. Vir R975 kan jy 12 gesprekke in die nuwe Victoria Hub bywoon. ’n Spesiale ry word gereserveer vir seisoenkaartjiehouers en die seisoenkaartjie sluit die volgende boekgesprekke in:

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou pak van 12 kaartjies af te haal.

Seisoenkaartjie: EasyEquities Boektent

Koop ’n seisoenkaartjie en spaar R650. Vir ’n R1 000 kan jy 22 gesprekke in die boektent bywoon. ’n Spesiale ry word gereserveer vir seisoenkaartjiehouers. Die seisoenkaartjie sluit die volgende gesprekke in:

Koop die seisoenkaartjie aanlyn en maak ’n draai by die kaartjieskantoor om jou pak van 22 kaartjies af te haal.

Kaartjies kan direk deur Quicket bespreek word. Vir enige navrae of vir hulp met kaartjieverkope, kontak vir Amber by comps@sun.ac.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *