50 Years of Jazzart

RESENSIE I am African: ’n Halfeeu van Jazzart deur Anouk CronjéProduksie: 50 Years of Jazzart Foto’s: Pierre Rommelaere 50 Years of Jazzart is ’n indrukwekkende en emosionele viering van Jazzart-dansteater, die oudste kontemporêre dansgeselskap in Suid-Afrika, se 50ste bestaansjaar. Dis ’n reis vanaf hulle kinderskoene tot waar hulle vandag staan.  Die produksie is ’n viering […]

Anglo Angst

RESENSIE Anglo Angst snuif coke deur Ilza RoggebandProduksie: Anglo AngstFoto’s: Nardus Engelbrecht Ek het ’n uur of wat ekstra tyd hier neffens die teatertent op Wilgenhof se tennisbaan waar die meeste van die Fringe-produksies plaasvind… hoekom dus nie?  Dis Maandagoggend en my dag het blou begin. ’n Kind met tandpyn by die huis, vanoggend aangekruie in […]

Beethoven Triple Concerto

RESENSIE Suiwer klarinetspel dra groep deur drif deur Naudé van der MerweProduksies: Beethoven Triple ConcertoFoto’s: Rikus Terblanche Met Pieter Joubert, Nicholas Bruiners (viool), Remi Ludik (altviool), Chris Njapha (tjello), David Cyster (klarinet), Mikhaila Porter en Christoff Joubert (klavier). Mozart is bedrieglik moeilik, hoewel sy musiek op blad soms maklik lyk. Die meeste musiekliefhebbers, en enigiemand […]

Bibi & Pieter en Ronde 2

BOEKGESPREK ‘Skryf, fokkers, skryf!’ deur Nadine PetrickEasyEquities Skrywersfees: Bibi & Pieter en Ronde 2Foto’s: Verskaf Bibi Slippers daag by die venue op met haar hond. Dis nie die befaamde Matilda nie (as jy haar op Instagram volg, sal jy vir Mat ken), maar die splinternuwe baba, Christoffel. In haar hand is nog iets nuuts. Ook […]

Hallo, is Bettie wat praat

RESENSIE Hallo Bettie, ek hoo jou deur Chase RhysProduksie: Hallo, is Bettie wat praatFoto’s: Verskaf Die Bloemhof-sentrum is vol. Is ’n mixed gehoo, hie’s silver foxes, pappe babies en ’n paa famous social media influencers. Ammel love vi Bettie. Die bywoning van hierdie produksie issie beste wat ek nog by vanjaa se Woordfees gesiennit. Ôs […]

Hip-Hop, Bop & Pop

RESENSIE Kitaarfenomeen Loki skitter langs meesters van rap, pop en jazz deur Herschelle Benjamin Produksie: Hip-Hop, Bop & Pop Foto’s: Pierre Rommelaere Dis nie elke dag wat jy kan sê dat jy Early B, Kurt Darren, Jack Parow en Loki Rothman saam op ’n verhoog sien vibe nie. Maar dis die vibe that you never knew […]