Prima!

Prima! is ‘n musikale ontploffing wat die een en enigste Koning van Swing – Louis Prima – vier. Hierdie produksie, uitgevoer deur die bekroonde duo Dean Balie en Bianca Flanders en ondersteun deur die skitterende US-blaasorkes onder leiding van Ramon Alexander, bring hulde aan Prima se Siciliaanse en Italiaanse erfenis en vermeng elemente van sy […]

Puppet Master: The Secrets of Markus Jooste

Aangebied deur Jonathan Ball James-Brent Styan verklap al die geheime agter die ineenstorting van Steinhoff, Suid-Afrika se grootste korporatiewe bedrogsaak tot nog toe. Danksy toegang tot die volle PWC- forensiese verslag, herbesoek Styan die Steinhoff-saak en bring nuwe inligting en bewysstukke na vore rakende Markus Jooste en sy sakeryk. Steinhoff se skouspelagtige ineenstorting in 2017 […]

RAAF: Van toe tot nou

Kom ervaar waar alles begin het vir Lourens en Esté van RAAF. As twee jong universiteitstudente begin hulle In 2010 die Bottomless Coffee Band in Lourens se koshuiskamer. In 2022 vier hulle by die Toyota Stellenbosch Woordfees ’n volsirkel-oomblik toe hulle hul naam verander na die betekenis van hulle van, RAAF. Kom beleef dié lewensveranderende […]

Radio Tygerberg 104FM

Radio Tygerberg 104FM saai van 3 tot 8 Oktober sekere programme regstreeks uit van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Maak seker jy is ingeskakel om op die hoogte te bly van feesgebeure en te luister na onderhoude en insiggewende gesprekke met van die akteurs en kunstenaars wat by vanjaar se fees optree. Laai gerus sy app […]

Rapsodie vir ’n nuwe wêreld

Met Charl du Plessis (klavier),Kaapstadse Filharmoniese Orkes Sluit by ons aan vir ’n opwindende aand van orkestrale meesterwerke onder leiding van Jason Atherton, met die bekroonde pianis Charl du Plessis voor die klavier. Dmitri Sjostakovitsj se sprankelende Feesouverture open die program, gevolg deur George Gershwin se ikoniese “Rhapsody in Blue”. Ná pouse word die aand […]

Reach for the Stars

Reach for the Stars is ‘n inklusiewe dansplatform waar rou talent, kragtige stories en kulturele uitdrukking op een verhoog saamkom. Hierdie produksie bevat dansers van tussen 8 en 35 jaar oud wat van reg oor die land kom en elke denkbare dansstyl verteenwoordig op ’n uniek Suid-Afrikaanse manier. Gehore kan uitsien na opwindende vertonings, emosionele […]

Rebekka van Kameeldoornplaas

Aangebied deur Penguin Random House Die immergewilde Irma Joubert is terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees met haar jongste roman. Rebekka van Kameeldoornplaas vertel die verhaal van ’n plaaskind wat deur die noodlot in Engeland beland en met groot vrae moet worstel: Waar pas sy in hierdie wye wêreld in? Is sy Boer of Brit? […]

Recipes to Live for

‘n Tannie Maria-resepteboek Aangebied deur Penguin Random House Die Gourmand-bekroonde Recipes to Live For bevat resepte uit Sally Andrew se eerste vier Tannie Maria-blitsverkopers, asook ’n paar splinternuwe byvoegings. Baie van die geregte is tradisionele Suid-Afrikaanse resepte wat stadig berei word, maar daar is ook vinnige etes en nuwe uitvindsels – van weerligkoek tot spekboomroomys. […]

Resonans-gespreksreeks: Die groot stilte

Met Johan van der Merwe en paneellede Die Wêreldgesondheidsorganisasie noem eensaamheid ‘n pandemie. “Die Groot Stilte”, word dit soms genoem. En hierdie pandemie moet beveg word. In talle lande is dit tot prioriteit verklaar – en dis hoog tyd. Mense is elektronies meer verbind as ooit tevore, en meer as ooit alleen. Jeugwerkloosheid, vervreemding deur […]

Resonans-gespreksreeks: Hoog tyd vir Die waarheid

Met Johan van der Merwe en paneellede Niks is meer seker nie. Wat is nog waar? “Deepfakes” maak dit onmoontlik om jou oë te glo. KI skryf preke, maak kuns en boots menslike denke na. Ons leef in ‘n tyd waar die grens tussen eg en vals vervaag – nie net in die tegnologie nie, […]

Resonans-gespreksreeks: Wie praat namens God?

Met Johan van der Merwe en paneellede Christelike Nasionalisme steek op verskillende plekke en maniere kop uit. Amerika is ‘n goeie voorbeeld daarvan. En Suid-Afrika? In die jare tagtig het die Kerk se profetiese stem hoogty gevier – hetsy in die fundering van apartheid of die opponering daarvan. Ons is aan die vooraand van munisipale […]

Retro Karoo Food

Aangebied deur Penguin Random House In elke ou Karoohuis lê die herinneringe van dinge wat daar gebeur het. Hul voordeure is ’n poort tot die misterie wat binne skuil, die lewens wat daar gelei is en die stories wat afgespeel het in die ruim kamers met hul houtvloere. Kom luister na die skrywer, kosredakteur en […]