Piazzolla Tangos of Angels and Demons

Met Stanislav Angelov(akkordeon & bandoneón), Petrus de Beer(viool), Albert Combrink(klavier), Donat Pellet(kontrabas) Die Kaapstadse Tango-ensemble bied nog ‘n musikaal stemmingsvolle vertoning aan waarin die musiek van die Argentynse komponis en virtuoos-bandoneón-speler Astor Piazzolla verken word. Piazzolla het ‘n hele nuwe musikale genre geskep wat gegrond is op Argentinië se nasionale dans – die sterk en […]

Pieter en die wolf: Op orrel

Met Winand Grundling(orrelis), Philip de Vos(verteller) Sergei Prokofiëf se geliefde musikale sprokie Pieter en die wolf kry nuwe lewe in ’n unieke pyporrelverwerking deur die veelbekroonde orrelis Winand Grundling. Die gewilde skrywer en digter Philip de Vos, wat die teks in Afrikaans verwerk het, is die verteller. Elke karakter word deur die ryk klankpalet van […]

Pieter-Dirk Uys: Weerklink van ‘n wanklank | The Echo of a Noise 

Sedert dit die eeste keer in 2016 opgevoer is, het Weerklink van ’n wanklank aanhou verras. Gehore oor die wêreld heen sit vasgevang wanneer Pieter-Dirk Uys sy storie deel. Soos hy geleer het is elke optrede die eerste en laaste – want elke gehoor vereis en kry ’n ander energie, relevansie en opwinding. Op 81-jaringe ouderdom is […]

Pietman Geldenhuys: Kampvuur tot kitaar

Pietman Geldenhuys was al Oppiestoep, Oppiewater, Oppikoppi, Oppikoffie en Oppiplaas, maar langs ’n kampvuur is waar hy waarlik tuis is. Dis hier waar sy stories en liedjies gebore en getoets word. Kom luister na hoe vuur insypel in sy stories en liedjies wat jou sal laat glo jy ruik die braaivleis.

Play Things

Met Verskeie kunstenaars ‘n Opwindende vertoonvenster vir nuwe werk: monoloë, sketse, towerkuns, komedie, teksvoorlesings, narrespel en meer. Kyk hoe jou gunstelingkunstenaars hul nuwe idees en onafgeronde werke toets voordat dit volwaardige produksies word, of ontdek nuwe talent nog voordat hulle die aandag trek. Play Things is nét die ding om jou aand mee af te […]

Plektrum

Met Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Kevin Gibson Mauritz Lotz het meer as 4 000 opnames op sy kerfstok, spog met twee Grammy-pryse en is self ’n beoordelaar van die Grammy’s. Hy is ’n kitaargenie, komponis en verwerker wat plaaslik en internasionaal respek afdwing. Maar van dié legende se lewe weet musiekliefhebbers min. Nou […]

Pluck

2017 ’n Alternatiewe geskiedenis van die Nuwe Suid-Afrika vertel deur die lens van Nando’s se advertensieveldtogte, wat die nasie vermaak én laat dink het deur die groeipyne van ons jong demokrasie. Vervaardiger Joelle ChesseletRegisseur, kinematograaf en redigeerderLloyd Ross 74 min

Poesboekies

1999 Hierdie viering van die vergete Suid-Afrikaanse “prentjieverhaal”-kultuur soos Swart luiperden Grensvegter, ook bekend as poesboekies, is in die laat 1990’s deur Robbie Thorpe en Lloyd Ross vervaardig. Conrad Botes hou vol Tessa wou nie vir ons ’n onderhoud gee nie, maar Beau Brummel wou baie graag. 13 min

Poetry Crawl

Aangebied deur Uhlanga, Protea Boekhuis Shane van der Hoven (Kruiper/Crawler) is die kurator van ons heel eerste Poetry Crawl. Die gehoor beweeg soos een groot gogga met baie bene na verskeie venues binne stapafstand van die Toyota Stellenbosch Woordfees-hoofkwartier. Hulle spits hulle talle ore om na vier digters te luister wat in verrassende ruimtes voorlees. […]

Pote en poëte

Kom vat ‘n hondjie en stap saam terwyl ons langs die pad na hondegedigte luister. Ons vriende by die Dierewelsynsvereniging Stellenbosch (DWS) bring brakkies fees toe. Al kan jy nie nou ‘n nuwe beste vriend aanneem nie, kan jy steeds een op ‘n stappie neem terwyl jy woordkuns en vars lug inneem. MetTom Dreyeren ander. […]

Praating LIVE

Peach van Pletzenbring sy webreeks Praating na die Toyota Stellenbosch Woordfees. Sandra Prinsloo is sy gas vir Praating Live, waar wysheid, waarheid en WTF in ewe groot dosisse toegedien word. Die mengels gaan loop en jy kan jou regmaak vir stories, lewenslesse en humor in tipiese Praating-styl. Leer vir Prinsloo op ’n heel ander manier […]

Première-wenner: Violets, in Bloom

In die wenproduksie van die jaarlikse Première-teaterfees kan die beste opkomende akteurs, skrywers en regisseurs van die US se dramadepartement gesien word. Wat gewaarborg is in dié toonvenster vir die volgende geslag teatermakers, is boeiende storievertelling en uitsonderlike toneelspel. Meer as 60 studente in 12 produksies het aan vanjaar se fees deelgeneem. Met Hafeez Arendse, […]