Ongehoord: Universiteitskrisis?

Met Anelle Daries, Lou-Marie Kruger, Geo Quinot, Amanda Gouws(gespreksleier) Die meeste tersiêre instellings verkeer tans in ‘n krisis. Van die bydraende faktore is neo-liberale en/of tegnokratiese bestuur, KI en ‘n aanslag op die kurrikulum (byvoorbeeld vakke wat handel oor diversiteit, inklusiwiteit en gelykheid). Neo-librale bestuur is meer gefokus op uitsette wat in geldterme verreken kan […]

Ongehoord: Woedend?

Met Cas Wepener, Juliana Claassens(gespreksleier) Juliana Claassens gesels met Cas Wepener, professor in praktiese teologie, oor sy nuwe boek wat handel oor woede. Hulle besin oor wat ons woede van ons sê (en dis oral – op die pad, op sosiale media, in politieke en sosiale bewegings). Dien ons woede as ‘n barometer van wat […]

Ons is nog hier

FRINGE Met Franka Kirby, Adri-Jo Waterboer, Cara Rossouw Shanice, Simone en Layla beland in ’n geheimsinnige vertrek waar speletjies vinnig ’n onheilspellende toon aanneem. ’n Skokkende onthulling bring skuld, wantroue en woede na die oppervlak, terwyl simbole en geheime die werklikheid al hoe donkerder maak. Vasgevang tussen hoop en wanhoop word hul soeke na uitkoms […]

Ontgin jou drome

Ontdek die rykdom van jou innerlike wêreld in hierdie praktiese werksessie deur die Bloemfonteinse skrywer en retreat-fasiliteerder Zarine Roodt. Met haar passie vir Jungiaanse beginsels leer sy jou om die “goudstof” van jou drome te ontgin vir groter selfinsig. Leer eenvoudige tegnieke om drome te onthou, aan te teken en kreatief te ontsluit. Of jy […]

Oos wes, tuis bes

Met Jacobi de Villiers, Eben Genis, Olga Leonard Wat gebeur as jy jou drome in Europa gaan soek en jouself dan weer in Suid-Afrika bevind? In die selfspotryke Oos wes, tuis bes neem Jacobi de Villiers en die pianis Olga Leonard die gehoor pad-, liedjie- en laglangs na plekke soos Parys en Berlyn en onderwerpe […]

Operagunstelinge III

Met Magdalene Minnaar(sopraan),William Berger(bariton), Chloe Loggerenberg(sopraan),Ryan Hurst(bariton),Schalk Joubert (baskitaar),Elna van der Merwe(klavier) en agt strykers Hierdie opera-geïnspireerde program bring ’n aand van passie, drama en liriese skoonheid na die verhoog. Bekende werke vir sopraan en bariton sluit in “Granada” van Agustín Lara, asook geliefde Puccini-arias soos “Quando me’n vo’ ” en “O mio babbino caro” […]

Opreisfontein

Hoeveel plekke in Suid-Afrika het fonteinname, dink jy? In hierdie unieke boek teken die kultuurhistorikus Matilda Burden 5 630 plekname aan wat eindig met die woord “fontein”. Dit het haar agt jaar geneem en sy het 146 000 km gery agter hierdie fonteinplekke aan! Burden vertel die stories agter die name en deel staaltjies oor […]

Ouma en die ou koeie

Met Margit Meyer-Rödenbeck, Coenraad Rall(klavier) Soos ons ouer word, is die meeste mense geneig om (gerieflikheidshalwe) sekere dinge te vergeet. En dié wat ons wel wil onthou, kry mos mettertyd allerhande “versierinkies” by. ’n Halwe waarheid in die 50’s word 50 jaar later ’n voldonge feit; ’n wolhaarstorie word ge-blow-dry tot ’n manjifieke beehive; en […]

Our Bodies Remember

Our Bodies Remember is ‘n dubbelprogram deur Jazzart Dance Theatre se kunstenaars-in-residensie vir 2026, Chesney Stanfield en Lihle Mfene. Deur twee afsonderlike werke, Unveil en Ancient Souls, word herinnering ondersoek as iets wat nie net in die verstand leef nie, maar ook in die liggaam, die gees en die ruimte tussen wie ons was en wie ons besig is […]

Paradise

Aangebied deur Penguin Random House Kos gaan oor soveel meer as bloot voeding. Dit gaan ook oor genot, oor troos en oor ’n verbintenis. Oor kultuur en tradisie. Paradise is ’n kookboek vir diegene wat nie net eet om te leef nie, maar ook leef om te eet. Dit is dekadent en lewendig en onbeskaamd […]

Pasta, poësie en die platteland

Kom sit aan by ’n intieme langtafel op die pragtige plaas KleinBlouKlip, waar kos, liefde en woorde saamvloei in ’n onvergeetlike plattelandse ervaring. Sean van Noordwyken Armand Aucampverweef die kuns van vars pasta maak met voorlesings van hul gunsteling-liefdesgedigte. Terwyl die deeg geknie en geure stadig ontwikkel, word stories gedeel. ’n Viering van eenvoud, samesyn […]

People on the Move

Met SboNdaba Dance: Litha Makanda, Lusindiso Dibela, Sinazo Mxeli, Sonwabile Mhlonyane, Vuyolwethu Mdluli, Wanie Johannes, Asemahle Dayimani, Akhona Mpoza, Clayton Jannike, Bartholomew Pietersen, Davidine Diamond People on the Move is ’n kragtige ervaring wat jou meesleur met aangrypende Suid-Afrikaanse verhale van die soeke na geleenthede en geborgenheid. Met treffende fisieke storievertelling, musiek en drama volg […]