Bientang

RESENSIE Om jouself te verloor om weer te vind Jo-Ann FlorisBientang: Bloedspoor/!nau HMS Bloemhof-skoolsaalFoto’s: Natalie Gabriels Hoe word ’n mens ’n “laaste?” Hoe word ’n mens ’n “iemand”? Met haar verwerking van haar digbundel Bientang wat in 2020 verskyn het, stuur die skrywer Jolyn Phillips die verhoogproduksie op ’n verkenningstog. Maar dit gaan nie net […]
Daar’s ’n vegan op my verandah

BOEKGESPREK Twee vriende toor met plantkosresepte Susan BooyensDaar’s ’n vegan op my verandahBoektentFoto’s: Natalie Gabriels Diegene wat Dinsdag oor middagete by die vrolike ou-vriende-kuier tussen Louis Jansen van Vuuren en Isabella Niehaus oor hulle twee se spiksplinternuwe kosboek was, het ’n genoeglike uur en liplekker happies ná die tyd geniet. Carel Nolte van CN&CO was […]
Die halwe huis

RESENSIE As die mure kon praat… en die donkerte uithou Jo-Ann FlorisDie halwe huisSkrywer: Ricardo Arendse; Regisseur: Lee-Ann van Rooi; Met Marlo MinnaarkykNET Hoërskool StellenboschFoto’s: Nardus Engelbrecht Soos ek ouer geword het, het ek besef dat monsters nie net onder die bed of in donker gange vir ons wag nie. Dat hulle blyplek nie net in kinderboeke […]
Die heks van Hexriviervallei

RESENSIE Puik Afrikaanse musiek met ‘n gotiese hoed Jennifer PapeDie heks van HexriviervalleiDrostdy-teaterFoto’s: Nardus Engelbrecht Met die eerste oogopslag herinner Marcia Moon aan 4 Non Blondes se Linda Perry met haar hoed en kitaar en super cool vibes. Daar is selfs klanke en ritmes wat my laat terugdink aan die 90’s se alternatiewe musiek, maar […]
Die private Franz Marx

BOEKGESPREK TV-koning wat die woord ‘sepie’ gehaat het Susan BooyensDie private Franz Marx BoektentFoto’s: Natalie Gabriels Die bekroonde akteur, skrywer-regisseur en akademikus Chris Vorster se biografie-wat-nie-’n-biografie is nie, Franz Marx: Uit die perd se bek, het in Augustus by Protea Boekhuis verskyn. Maar wie was die ietwat knorrige en uiters private Franz Marx, skepper van […]
Die sewe doodsondes

RESENSIE KroonWild(e) van die Woordfees Marina GriebenowDie sewe doodsondesOude Libertas-teaterFoto’s: Nardus Engelbrecht Na afloop van Kurt Weill en Bertolt Brecht se grensverskuiwende werk Die sewe doodsondes by die Oude Libertas-amfiteater bly ’n mens sit en jou gedagtes loop na amper ’n dekade gelede toe Astor Piazzola se tango-opera Maria de Buenos Aires ook by hierdie […]
Kunsveiling

VOORSKOU Koop kuns by Woordfees se eerste kunsveiling Woordfeeskantoor Strauss & Co kunsuitstalling Foto’s: Verskaf Die Toyota US Woordfees bied vanjaar die eerste keer ’n opwindende veiling van nuwe kunswerke aan. Meer as 50 gevestigde en opkomende kunstenaars is genooi om werke te verskaf. Die Woordfees se kunsveiling in samewerking met Strauss & Co vind […]
Our Poisoned Land

BOEKGESPREK Mafiastaat wink, maan Pauw in nuwe boek Jan-Jan JoubertOur Poisoned LandBoektentFoto’s: Nardus Engelbrecht As pres. Cyril Ramaphosa in Desember tot ANC-leier herkies word, beter hy vinnig en streng optree, anders gaan Suid-Afrika in ’n volwaardige mafiastaat verander, waarsku die joernalis en skrywer Jacques Pauw. Hy en die redakteur van Vrye Weekblad, Max du Preez, […]
Simfoniese vuurwerke

RESENSIE Simfoniese ontpoffings laat die ore tuit! Naudé van der MerweSimfoniese vuurwerkeEndlersaalFoto: Nardus Engelbrecht Enigiemand met tinnitus – dis nou daardie permanente sonbesie in die oor – wat Vrydagoggend by een van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes se konserte was, hoor nou nog ’n gefluit. Die uitvoering is geadverteer as Simfoniese vuurwerke. En ontploffings? Dié was […]
Sneeu in die Karoo

BOEKGESPREK Jeanne en Agnes se stories soos warm karos teen kilheid van die lewe Jo-Ann FlorisSneeu in die KarooDie Khaya Hoe lekkerder Jeanne Goosen se versorger, Agnes Morao, skryf, hoe kwater en meer gefrustreerd raak die deurwinterde skrywer. Want haar woorde wíl net nie kom nie. Dit is mos nie die natuurlike orde van dinge […]
Spertyd

RESENSIE Puik Prinsloo boor aar raak in ‘Spertyd’ Jo-Ann FlorisSpertydkykNET Hoërskool Stellenbosch Partykeer begin ’n storie by sy einde. In Spertyd se geval baie na aan die einde van die bejaarde vrou (Sandra Prinsloo) wat ná haar man se dood in ’n aftreeoord gaan bly. Dit is ’n verwerking van die boek deur Elsa Joubert. […]
The Unlikely Secret Agent

RESENSIE Kragtige ensemble laat Rooi Ronnie en sy Eleanor leef Marina GriebenowThe Unlikely Secret AgentHMS Bloemhof-skoolsaal Ek onthou goed hoe twee kollegas hulle een aand in 2001 in die ops-kamer van ’n internasionale speakerskonferensie half simpel gelag het toe ek hulle vertel ek het as 13-jarige ’n skoledebatskompetisie gewen met my toespraak oor die gevare […]